Mode-ontwerper Simon Rademan het pas sy lys van die bes- en swaksgeklede vroue in SA vir 2009 bekend gemaak.

Vir al die foto's en Simon se kommentaar, klik by www.simonrademan.co.za

Die South African Best and Worst Dressed WomenTM is 'n platform wat glansmense en die publiek bewus maak van modes en hoe dit gedra word. Dit inspireer mense en vernou ook die gaping tussen glansmense en die publiek deur te wys dat ware styl enigiemand toekom, nie net enkele sterre nie. Ware styl gaan nie oor wat jy dra, waar jy bly en waarmee jy ry nie. Aikona!

Mode behoort aan almal, maar met soveel style, winkels, ontwerpers en die internet kan dinge soms skeefloop ... En as glansmense en rolmodelle weet hulle is in die publieke oog en mense sien hulle raak, moet hulle mos mooi lyk.

Só sê Simon - 3 reëls

  1. Trek gepas aan vir jou ouderdom
  2. Trek gepas aan vir jou figuur
  3. Trek gepas aan vir die geleentheid


Só lyk die top-10 lysies

Besgeklede SA vroue vir 2009

Zanele Mbokazi - stigter en hoof- uitvoerende beampte van Crown Gospel Music
Uyanda Mbuli - rubriekskrywer (People-tydskrif)
Nianell - sangeres
Lorna Potgieter-Rossetti - voormalige Mej. Suid-Afrika
Khanyi Mbau - aktrise en sosiale vlinder
Jenna Dover - aktrise
Janine Viljoen-Habana - vrou van rugbyspeler Brian Habana
Elita de Klerk - voormalige president F.W. de Klerk se vrou
Dudu Zuma - Jacob Zuma se dogter
Corine du Toit - aktrise

Swaksgeklede SA vroue vir 2009

Thembisile - sangsensasie
Tamara Day - sangeres
Riaan Venter - die Nutsman (Raar maar waar...)
Phemelo Ngcobo - SABC 1 Home Affairs
Pam Andrews - aktrise en sangeres
Lady Kitty Spencer - niggie van wyle Prinses Diana
Beauty and the BEE - satiriese karakter
Barbara Ray - country-sangeres
Augustine Chuene Masilela - voormalige Mej. Wêreld (SA)
Anele Mdoda - aanbieder van SA's Got Talent

**Die kandidate is bekend en jy kan nou gaan stem vir jou gunsteling tot 9 Januarie om 12:00.