Ek wou 'n rok gehad het wat my persoonlikheid weerspieël. Geen monochromatiese kleur rok sou dit kon reg kry nie. My rok kan beskryf word as die reënboogrok van alle rokke. Daar is ligblou, pers, groen en selfs 'n bietjie wit en swart in. Ek het die rok op 'n winkelpop gesien en was dadelik verlief op dit. Mens kan sê die rok het my gevind want ek het nooit gedink my droomrok bestaan nie, totdat ek by HSC die perfekte rok gevind het. So om eerlik te wees, was my unieke persoonlikheid die inspirasie om hierdie beeldskone rok te vind. My persoonlikheid het verskillende 'kleure' net soos my rok!!

Sien alle inskrywings