Vir enige meisie is hulle matriekafskeid die belangrikste en beplande dag van hul lewe, iets wat vir ewig sal onthou word en maande van deeglike beplanning geneem sal word. Een van die belangrikste aspekte vir my was om op my beste te kan lyk en net gemaklik te voel vir myself en nie iemand anders te probeer wees of voorgee nie. Soos enige jong tiener en matrikulant het ek baie lank sit en wonder hoe die styl en kleur van my rok moet wees en met die hulp van my vriend ( Ray) en my ouers en familie het mamma en Ray op die rok vir my gekies - die kleur was op daardie staduim nie die regte kleur nie, en met die hulp van my ontwerper "Heinz in Style" het Heinz besluit op die swart en blou. Daarna het hy baie, baie ure spandeer om seker te maak alles is net reg! Die Matriekafskeidrok is waarskynlik die belangrikste item van klere wat n jong meisie ooit sal dra en koop, die matriekrok volg ook op die perfekte voorkoms, haarstyl en moet iets van die rok komplimenteer sodat jy weg kan loop om te weet jy het die perfekte haarstyl wat pas by jou gesig en jou rok komplimenteer.

Sien alle inskrywings