Elke Hoerskoolmeisie droom van hierdie spesiale dag en in my geval was dit geen anders. In my graad 11 jaar het ek op 'n prentjie van my droomrok afgekom, onmiddelik het ek besef dis wat ek wil he. Dit was Zuhair Murad se rok en ek het vir my ontwerper, Kobus Dippenaar, 'n wereldbekende ontwerper gevra om dit as inspirasie te gebruik en hy het my droom rok gemaak!. Ek het gevoel of ek op die red carpet geloop het by 'n Grammy's Award. Na my Matriekafskeid het ek Miss World 2011 gekyk en gesien sy het ook so rok gedra. Die kleur 'blush' was 'n baie unieke kleur rok met volstruis vere en Swarovski kristalle en handgemaakte blomme wat so elegant en moderne was soos wat ek is. Die rok se noem naam is 'mullet' en is kort voor wat my bene beklemtoon en dan is die rok langer na agter met 'n vloeiende sleep vir 'n aandvoorkoms. My aand was onvergeetlik en my metgesel was die beste.

Sien alle inskrywings