My inspirasie vir my rok het gekom van my kunsinnige geaardheid. Ek het die kleur gekies, want dit komplimenteer my vel kleur. Die verskillende soorte lap bevestig my geaardheid. Ek het vir Yolande Maree wat my rok gemaak het 3 jaar gelede ontmoet toe sy by North West School of Design studeer het. Ek het die voorreg gehad om van haar skeppings vir haar te modelleer. Ek het toe reeds besluit sy moet my rok maak. Yolande en ek het mekaar aangevul in ons idees met die maak van my droomrok. Die dag was voorwaar volmaak!

Sien alle inskrywings