Ek het maande lank gesoek na die perfekte rok. Ek het in baie tydskrifte en bruidsboeke rondgesnuffel. Ek het baie rokke in boetieks aangepas om die regte styl te kry. Van die begin af het ek pienk as kleur gekies omdat dit by my ligte gelaatstrekke pas. Ek wou nie net 'n gewone rok gehad het nie en ook nie een wat te oordoen is nie. Ek wou ek rok gehad het wat my figuur vlei en ek het dié rok gekry. My sussie het ook vir my 'n rok ontwerp wat amper dieselfde is as dié rok. My ma het eendag op die internet gegaan en die rok raakgesien. Sy het dit vir my uitgedruk en toe ek die rok sien het ek geweet dìt is my rok! Ek voel dit is onnodig om duisende rande aan een rok te spandeer, en het daarom baie geld gespaar om die rok oor die internet te bestel. Ek hou baie van my rok en sal hom weer dra.

Sien alle inskrywings