Denim is nie die allerdaagse materiaal om te gebruik vir n matriekafskeidrok nie maar ek wou anders wees! Daar was 4 jaar gelede 'n meisie in matriek met n denim en wit rok en die prentjie van die 2 kleure saam het in my kop vas gehaak en ekt geweet dis wat ek wou he! Ek het self my rok ontwerp en het toe n vriendin van my ma gekry om dit te maak. My totale koste van my rok was R2200. Ek is trots om te se ek het nie my ouers 'n plaas se geld gekos nie en ek het soos 'n ware prinses gevoel! Dit was totaal elegant. Ek en my oukie het so mooi gepas toe hy in 'n denim broek met wit hemp en blou das gaan! DIT WAS 'N ONVERGEETLIKE AAND!

Sien alle inskrywings