Elma doen dit álles - sport-aanbier, nuusleser en aanbieder op kykNET se oggendjoernaalprogram Dagbreek én sy is ’n platejoggie. En deur haar besige skedule, laat sy nie haar styl agter nie! 

Elma Smit het saam met die SARIE.com-span by die bekendstelling van Havaianas se nuwe inisiatief, ontwerp jou eie plakkies, gekuier. Dié bekende plakkie-handelsnaam gee jou die kans om jou eie plakkies in die kleure van jou keuse te ontwerp.

Dagbreek se Elma deel haar reisfoto’s en -wenke

Nou kan jy jou mening gee – is Elma se uitrusting ’n treffer of ’n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

FOTO: Elma Smit (Instagram) FOTO: Elma Smit (Instagram)

Wat sê ons styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé?

Nie almal kan só ’n patroonbroek dra wat hoog gesny is nie. Maar by Elma se lyf en persoonlikheid, werk dit perfek. Haar swart skoene en stylvolle swart top ('n klasieke moet-hê item) bring balans en maak die uitrusting meer toeganklik. Die pink handsak is onverwags, mooi en modern.

Elma is duidelik iemand wat weet hoe om aan te trek! Die uitrusting pas by haar hip en trendy persoonlike styl en ook by dié geleentheid.

Verpersoonlik jou Havaianas

FOTO; Te sien in die November uitgawe van SARIE (Luzanne van der Watt) FOTO; Te sien in die November uitgawe van SARIE (Luzanne van der Watt)

Havaianas gee jóú die geleentheid om jou eie plakkies te maak. Tot 3 November kan jy by die Havaianas-winkel is Sandton City, Johannesburg en in Gateway, Umhlanga die kleure en versiering vir jóú plakkies kies. Koop die November-uitgawe van SARIE vir meer inligting.

Hoe sal jy jou Havaianas verpersoonlik? Vertel ons jou idee onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!