As jy klein is droom jy van hoe jy op jou troudag gaan lyk en in graad 8 droom jy van jou matriekafskeid. Elke jaar het ek na die pragtige matriekmeisies se aankomste gaan kyk en gedroom oor myne. My eerste inspirasie het ek gekry by 'n rok wat Kate Beckinsale gedra het na die Grammy's 'n paar jaar gelede. Haar hals was skouerloos en haar rok het weerbarstig uitgeklok net bo haar knieg met laag op laag net, tot op die grond. Ek het dadelik geweet dis die rok vir my! Nou net die kleur?! My oë is seegroen dus was die keuse voor-die-handliggend! My rok is afgerond deur eksklusiewe kant wat daarop geborduur is. Christa van Timeless Designs het my droom in 'n werklikheid omskep!

Sien alle inskrywings