Matriekmeisies droom groot oor matriekafskeidrokke. Ek was ook deel van daardie droom. Met die matriekafskeid van 2006 het ek besef, ek wil ook, wanneer ek in matriek is, so mooi soos my sussie lyk. Nadat ons matrieks die eerste skrywe ontvang het in verband met die matriekafskeid het ek begin dink oor hoe my rok moet lyk. Met ‘n droomrok in gedagte het ek die Julievakansie 2010 die eerste tydskifte, by die tannie wat my rok gemaak het, gekry. In die derde boek wat ek deur geblaai het, het ek MY GEDAGTE ROK raakgsien. My hart het opgewonde in my keel geklop en al die ander tydskrifte opsy gesit...my besluit was geneem. Met groot opgewondenheid het ons gaan material koop, mates geneem en drie weke later kon ek vir die eerste keer gaan pas. Arme tannie Sanet het my droomrok-prentjie met ‘n vergrootglas bestudeer, om dit presies net soos die prentjie te laat lyk. Met my finale pas was ek in ekstase, my matriekafskeidrok het net soos die rok waaroor ek al jare gedroom het gelyk. 9 Oktober 2010 is my droom bewaarheid, ek het soos ‘n feeprinses gevoel.

Sien alle inskrywings