Somer, son, warm vrolike kleure. 'n Bietjie onkonvensioneel en dramaties - maar vrolik, gemaklik, sag vloeiend en sorgvry - dis ek. Toe ek by House of Chic in Krugersdorp kom waar ek al jare lank 'n klant is, het hierdie rok dadellik my oog gevang ( dit het slegs daardie oggend in die winkel gearriveer en ek het besef dit was myne...). Die styl en snit het my figuur perfek gepas en met 'n oulike ou aan my sy, 'n bossie blomme in my hand, was my droomaand perfek !!

Sien alle inskrywings