Matriekafskeid! Die hoogtepunt waarna ék uitgesien het, vir twaalf jaar. Na 'n hele dag van soek en pas, het ek uiteindelik by André Bellingan uitgekom. Ek het deur al die rokke geblaai, en my "perfekte" rok raakgesien. Die kleur was vir my baie besonders en die sagtheid van die rok het my dadelik opgeval. Die besonderse bokant van die rok het my toe laat besluit dat ek dié rok wil hê. Die rok het 'n "fairytale feminine" gevoel by my geskep, en ek kon dus die aand van die afskeid soos 'n ware feëprinses lyk en voel!

Sien alle inskrywings