My tannie het die rok in die windel gesien en my daarvan vertel. Ons het die volgende naweek na die rok gaan kyk. Toe ek die rok sien het ek dadelik daarvan gehou en dit aangepas. Die oomblik toe ek die rok aanhet, het die letterlik "my hart gesteel"! Ek het iets gesoek wat vloeiend en sag is en ek het dit gekry! Dit is ook al my gunstelling kleure wat in die rok voorkom. En 'n pouveer, wat die inspirasie vir die rok was, was nog altyd een van die mooiste vere vir my. Die rok was net PERFEK!!!

Sien alle inskrywings