Elke prinses het haar groot dag...Myne was op 10 September in 'n pragtige Gerrit Pienaar skepping. Ek is mal oor die rustige, kalmerende geur van Lavender, en daarom wou ek 'n pers sprokiesrok hê! Die swarovski kristal en diamante afwerking komplimenteer die 'sweetheart shape' bokant baie mooi. "Diamonds are a girls best friend", en geen uitrusting is afgerond sonder die perfekte juwele nie. Kandelaar oorbelle en 'n bonkige armband gee die nodig 'bling'. Aantreklike matriekseun aan my sy: Check! Pragtige sprokiesrok: Check! Borrelende opgewondenheid: Check! Dit alles het die aand onvergeetlik gemaak.

Sien alle inskrywings