Maybelline is die amptelike grimering-borg van dié modeweek. Fanie en die res van die @MNYInsider-groep het gister (Maandag 14 Feb) die Carolina Herrera-modevertoning gesien. Kort ná sy aankoms, het Grace Coddington, legendariese kreatiewe direkteur van Amerikaanse Vogue daar opgedaag. En kort op haar hakke (wel, nie dat Grace hakke dra nie!) het Anna Wintour, redakteur van Amerikaanse Vogue, opgedaag in 'n bloedrooi romp, wynrooi trui-stel met 'n groot pelskraag, 'n bonkige goue halssnoer en hoë swart stewels.

Grys, swart, vuil-pienk, rooi, roesbruin, turkoois, silwer met swart blinkertjies en bietjie pels was te sien op die Caroline Herrera-loopplank. Hare is styf teruggetrek in 'n ballerina-bolla met 'n kant paadjie. In die gehoor was lang, los, natuurlike hare die in-ding met natuurlike grimering.

Klik vir nóg modeweek-aksie!

KRY DIE NUUTSTE HIEROOR OP ENIGE VAN DIÉ 'PLEKKE'

* Hier op sarie.com

* Op SARIE se Facebook-blad

* SARIE op Twitter

* MNYInsider op Twitter