Ek het maande voor die tyd in boeke en die internet begin soek vir idees, maar kon niks kry nie, toe eendag kom my ma af op n bladsy op Facebook waar hulle trou rokke, matriekafskeid rokke ens adverteer, ekt daar begin deur gaan en toe kom ek af op die rok. Ek het dadelik besluit dis wat ek wil he. Eks mal oor die idee dat dit lank agter is en kort voor. Ons het dadelik vir Thomas gebel en n afspraak gemaak, ons het gegaan en hy het gese hy kan dit deffentief vir my presies so maak, ek was so opgewonde. Blou was nog altyd my gunsteling kleur so ek het besluit dit moet n blou wees, my ma het saam my gegaan om die perfekte blou te kies wat by my velkeur sal pas en ons het dit gekry. Na twee tot drie weke was die rok van my drome kla.

Sien alle inskrywings