Ek het baie prentjies gehad soos enige meisie maar bymekaar maak vir die groot dag. Baie foto's en prentjies later het my ma vir my een aand prentjies van die internet afgelaai wat in my smaak en lyn val. Onder die klomp rokke het sy 'n trourok foto gehad wat sy net gedink het is 'n mooi rok en was glad nie naby die styl wat ek gesoek het nie,tot my ma se verbasing was hierdie toe die rok wat ek gekies het. Die Oom en Tannie wat my rok gemaak het, het met die eerste afspraak presies verstaan wat ek wou hê en my rok was pragtig. Dankie Oom Johan en Tannie Bregida. Ek het haar foto's gemail want dit wil nie hier aflaai nie. Mail gestuur aan sarie@sarie.com. Baie dankie hoop julle aanvaar dit so.

Sien alle inskrywings