Een van die hoogtepunte op die Afrika-modekalender is Mercedes-Benz se Afrika-Modeweek. Vir byna ’n week het die hele kontinent se mooiste modelle en kreatiefste ontwerpers  op Pretoria toegesak. Hier is die hoogepunte van dié week ...

Alle foto's: Simon Deiner / SDR Photo | Klik op die foto op te vergroot
Dag 1 Eleni Labrou, Alexandra Liss en Hugo Flear South het die modevertonings afgeskop,  elkeen met ’n sterk ontwerpstem en duidelike kleur- en patroonverskille. Dié ontwerpers is deel van die Fastrack-program en is jong ontwerpers wat by gesoute ontwerpers kan aanklop vir leiding en inspirasie.

Dag 2 Dit was omtrént ’n besige dag waarop groot name in die modewêreld besoekers in vervoering gehad het. Gavin Rajah het die gehoor bekoor met sy ligte kleure, moderne snitte en blommotiewe. Sy modevertoning was eerste aan die beurt en het sonder enige twyfel die standaard gestel. Samsung se #AmazeAfrica-vertoning het alle verwagtinge oortref. Gavin het ’n bekostigbare reeks in ’n kettingwinkel naby jou. Lees meer hier. Die res van die dag het 13 ontwerpers hul nuutste reekse vertoon, onder wie Marianne Fassler, Laurence Airline in samewerking met Missibaba, Loin Cloth & Ashes saam met Doreen Mashika, en Black Coffee en Albertus Swanepoel. Marianne Fassler se hoop, vrees en lewenslesse David Tlale het die dag op dramatiese wyse by die Ravos Rail Station afgesluit, maar die drama het nie daar gestop nie. Met die stoomtrein in die agtergrond, was daar 'n uitvoering deur die Johannesburgse Ballet-instituut en die sanger Sibongile Khumalo. David het vanjaar sy 10de bestaansjaar in die bedryf gevier deur sélf sy materiale te ontwerp. Hierdie vertoning was beslis ’n viering en weerspieëling van sy ontwerpvernuf, dramatiese vertonings en ook natuurlik van die vasteland wat dié mode-vetoning gevier het, Afrika.

Dag 3 Verskillende kleure en patrone was aan die orde van die dag. Dag 3 het met baie flair en kleur begin en is afgesluit met gesofistikeerde snitte vir  mans én vroue.

Kyk hier na New York se modeweek en hul somer-trends!

Dag 4 Dag 4 het prag-rokke in elke kleur, snit en styl opgelewer. Die rokke van Taibo Bacar het ons harte gesteel, en Bongiwe Walaza se rokke was opwindend en duidelik geïnspireer deur Afrika.

Kyk hier na al die opwinding by die Kaapse modeweek!

Dag 5 Die laaste dag van die Afrika-modeweek was propvol styl. Glansryke materiale in al die kleure (lig, donker én neon) het die verhoog verlig en die een ná die ander uitrusting het op die verhoog verskyn. Klûk CGDT het die modeweek afgesluit met ’n reeks wat toeskouers na die toekoms geneem het. Die kleure en materiale het gespreek van wetenskapfiksie, terwyl lasers en vuurwerke die reeks perfek aangevul het. Die waterpoele by die Vryheidspark was die modelle se loopplank en die weerkaatsings op die water het bygedra tot ’n aand wat deur elke sintuig ervaar kon word.

’n Toekenningsaand is ook gehou waar ontwerpers en entrepreneurs vir hul rol in die Afrika-modewêreld vereer is. Die internasionaal-erkende model van Soedan, Alek Wek, het dié oorhandigings gedoen.

Alek Wek Alek Wek

Hier is die lys wenners:

  • Ontwerper van die jaar: Klûk CGDT
  • Suid-Afrikaanse toerisme-ontwerper van die jaar: Gavin Rajah
  • Uitmuntende mode-entrepreneur van die jaar: Felicity Spies van Egality
  • Opkomende ontwerper van die jaar: Loin Cloth & Ashes
  • Jong ontwerper van die jaar: Eleni Labrou
  • Uitmuntende bydrae tot Afrika-modes: Jan Malan
  • Afrika-model van die jaar: Grace Bol (klik hier vir Afrika se Top-15 modelle)
  • Mode-kommunikeerder van die jaar: Zandile Blay
  • Bykomstighede-ontwerper van die jaar: Anita Quansah

Alle foto's: Simon Deiner/SDR Photo