SARIE.com wys jou die mooiste ontwerpe van dié modeweek. Alle foto's is verskaf deur Simon Deiner/SDR Photo.

(Klik op die foto’s om te vergroot)

Dag 1

Die modeweek het afgeskop met die Kaapse ontwerper Errol Arendz se vertoning. Hy het gefokus op snoesige uitrustings in bruin en kakie. Sy reeks het ook pragtige skoene en bykomstighede ingesluit.

Baie ontwerpers het gewys dat ons nie moet bang wees vir kleur in die winter nie. Die hoogtepunt van die dag was beslis Suzaan Heyns se reeks wat deur die legendariese Minnie Muis-karakter geïnspireer is. Dié animasie-karakter het sommer ook 'n draai op die loopplank geloop! Lees hier oor Suzaan se reeks en haar speelse inspirasie daarvoor!

Dag 2

Die vroue- én mansreekse is baie kleurryk en verskillende patrone en kleure is gekombineer. Vroue kan uitsien na vroulike lyne, innoverende snitte en gestruktureerde silhoeëtte. Klik hier om te sien wat Suid-Afrika se ontwerpers voorspel het vir dié somer tydens die Kaapse Modeweek!

Dag 3

Kreatiwiteit was aan die orde van die dag! Die derde dag het ons geïnspireer en die  Suid-Afrikaanse ontwerpers het hul staal gewys. Die ontwerpers TWO se reeks het gesorg vir gemaklike kleredrag, en die ander ontwerpers het semi-formele en formele klere ten toon gestel.

Die ontwerpers het verskillende materiale gebruik wat gesorg het vir  interessante uitrustings in pragtige, gestruktureerde snitte.

Die trends vir herfs/winter 2014

  • Herfskleure soos bruin bly ’n klassieke keuse.
  • Speel volgende winter met kleur! Jou kleredrag hoef nie die grou van die weer te weerspieël nie.
  • Patrone is steeds ’n groot trend.
  • Die gestruktureerde silhoeët wat dié somer gróót is, gaan steeds groot wees in die winter. Lees meer oor dié trend hier.
  • Interessante materiale wat nie gewoonlik met die winter geassosieer word nie, soos satyn, is hoogmode.
  • Detail soos interessante knope en embleme op jou klere lyk luuks en gaan ’n groot trend wees volgende jaar.

FOTO'S: Simon Deiner/SDR Photo