Dit is veral gewild onder die jong klomp van Hollywood, soos Kate Bosworth, Beyoncé, Rihanna en Sienna Miller. Die rede vir die gewildheid van die jeggings is dat dit baie geriefliker is as die noupyp-jeans wat reeds 'n stapel-item is in die meeste se klerekas.

Sissy Boy verskaf 'n verskeidenheid jeggings (R499), ook in kleure buiten tradisionele denim-kleure, soos grys, wit en potloodstrepe.

Beskikbaar by Sissy Boy-winkels in Canal Walk, Cavendish Square, die V&A Waterfront en Gateway, asook by uitsoektakke van Edgars en Stuttafords.

Vir meer inligting, kontak 021 506 4600.