Die inspirasie vir my rok was my lewensverhaal en die tipe persoon wie ek vandag is. Die rok is gebaseer op van my karaktereienskappe wat ek vandag het asook die droom wat elke meisie al het van klein tyd af om soos i pragtige prinses te lyk op haar tweede grootste dag. Die kleur rooi is 'n baie treffende kleur en a.g.v die negatiewe dinge wat al in my lewe met my gebeur het, het ek gevoel dit is van pas omdat ek my omstandighede oorwin het. Die kleur rooi simboliseer ook vir my passie iets wat ek definitief baie van het. Ek wil elke dag voluit leef en my drome bereik. Die silwer in my rok verwys na die lig aan die einde van i tonnel want "each cloud has a silver lining". Dit maak nie saak hoe moeilik my omstandighede was nie en nog sal wees in die toekoms nie ek sal altyd opstaan en my kop hoog hou. Die styl van my rok was baie elegant en vroulik, wat dan die sagheid van my hart simboliseer. My rok was vir my perfek. Ek het nie net soos 'n prinses gevoel nie maar soos die koningin!!!

Sien alle inskrywings