Ons kry baie van ons mode-inspirasie en idees vir uitrustings op Instagram en Pinterest. Het jy geweet dat die gewildste skoen op Pinterest ’n paar tekkies is?

Die Adidas ZX Flux W Core-tekkies is al byna 100 000 keer op Pinterest gedeel.

Is dit dalk dié tekkies om te hê? Wel, ek sal nie omgee vir ’n paar nie! Koper-en-swart is tog ’n wenkombinasies en pas byna by álles.

ONGELUKKIG is dit nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar gaan loer gerus aanlyn in by oorsese winkels waar jy dit kan koop.

Koop by Amerikaanse handelsmerke deur NET A PARCEL te gebruik. Lees hier hoe jy dít doen.

Kyk net hoe mooi is die tekkies, my hart is gesteel:

A photo posted by Jade Kneale (@lisa_jade1989) on

A photo posted by Laura. (@ladyhoot) on

A photo posted by Patrice Padua (@pattyyp2t) on

Wat dink jy van die tekkies?