Aspoestertjie. Voor die fee opgedaag het! Toe ek die ontwerpkompetisie by my skool wen met twee uitrustings wat, kenmerkend van my eie styl, geknoop-en-doop, gerafel en oor die algemeen onafgewerk is, het dit my die nodige grootkoppigheid gegee om my eie matriekafskeidrok te maak. Ek wou soos 'n bos-nimf wat uit die aarde uit gegroei het lyk. Die hekelwerk het hoofsaaklik tydens my wetenskapklasse plaasgevind, so daar kan nie met sekerheid gese word of dit die wetenskap was wat die hekel geinspireer het nie, of andersom! My taante het haar voet neergesit en die vernuftige 'korset' as basis geskep, waarna ek met warrelwind-agtige aksies die res bygeflans het. Ek dink op die ou end wou ek net my eksentrieke, effens verstrooide persoonlikheid uitbeeld.

Sien alle inskrywings