Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, en Luzanne van der Watt, ons senior mode-assistent, gee hul menings oor die rokke. Maar ons wil ook weet wat jy daarvan dink! Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Kyk deur ’n galery van die kopkrap-rokke

Sandra Bullock

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOUT: Te veel kleure wat nie komplementeer nie.

FANIE SÊ: As dit in een of dalk twee kleure was, kon dit baie mooi wees. Want dis eintlik 'n mooi rok. Dis die kleurblok wat dié rok laat flop! Die tipe rok sou mooi lyk aan 'n kind, 'n graad 7-meisie of so. Dan was dit mooi.

LUZANNE SÊ: Die kleur-kombinasie het glad nie gewerk nie. Ek is mal oor die snit van die rok, maar sy moes dit dalk net in 1 kleur gedra het.

Alle oë was op Sandra wat benoem was vir Beste Aktrise in ’n Fliek (Drama) vir Gravity. Cate Blanchett (Blue Jasmin) het toe met dié toekenning weggestap.

Julia Roberts

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOUT: Vreemde kombinasie

FANIE SÊ: Ek dink eintlik sy lyk mooi. Ek hou van die rok en baie van die wit hemp. Dit laat haar lyf ook mooi lyk. Miskien sou dit beter wees sonder die wit belt. Maar dis 'n kwessie van smaak. En die hele look pas by háár.

LUZANNE SÊ: Ek was nog nooit mal oor die hemp-en-rok-kombinasie nie. As sy net die swart rok gedra het, sou sy baie beter gelyk het.

Julia is benoem vir Beste Ondersteunende Aktrise vir August: Osage County

Jennifer Lawrence

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOUT: Snit verkeerd

FANIE SÊ: Dis nie so swak nie. Maar ook nie regtig goed nie. En naby aan 'n trourok. Dis die uitdaging van 'n wit aandrok - dit kan baie soos 'n trourok lyk. Ek sien altyd uit om te sien wie doen wat met 'n wit rok, want as dit 'n reg gedoen word met die regte grimeervoorkoms, kan dit jou asem wegslaan!

LUZANNE SÊ: Die rok het glad nie by haar gepas nie. Die kleur het niks vir haar gedoen nie en die swart lyne is nie vleiend nie. Ek is mal oor haar, maar ek dink sy kon beter doen.

Jennifer Lawrence het verlede jaar die Oscar gewen vir Beste Aktrise vir Silver Linings Playbook. Vanjaar was haar eerste Golden Globe - dié keer vir haar rol in American Hustle.

Tina Fey

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOUT: Blomme, plus rok pas nie mooi nie

FANIE SÊ: Kyk mense, niks op aarde is vir my so erg soos vervelig en generies nie. Twee goed wat mense nie van dié rok kan sê nie. Maar die vet weet - die crazy blomme. Ek hou nie van die rok nie. Dit probeer te hard.

LUZANNE SÊ: Ek is nie mal oor die patroon nie en die snit het niks vir haar figuur gedoen nie.

Tina Fey het saam met Amy Poehler die Golden Globes aangebied - en soos verlede jaar het hulle weer die gehoor lekker laat lag!

Nóg oor die Golden Globes

Die groot wenners van die aand:

Beste Fliek - Drama: 12 Years a Slave | Beste Aktrise (Drama): Cate Blanchett vir Blue Jasmin | Beste Akteur (Drama): Matthew McConaughey vir Dallas Buyers Club

Beste Fliek - Musiekblypel of Komdie: American Hustle | Beste Aktrise (Musiekblyspel / Komedie): Amy Adams vir American Hustle | Beste Akteur (Musiekblyspel / Komedie): Leonardo DiCaprio vir The Wolf of Wall Street

Beste Ondersteunende Aktrise (Fliek): Jennifer Lawrence vir American Hustle | Beste Ondersteunende Akteur (Fliek): Jared Leto  vir Dallas Buyers Club | BesteRegisseur: Alfonso Cuaron vir Gravity

Beste TV-reeks (Drama): Breaking Bad | Best TV-reeks (Musiekblyspel of Komedie): Brooklyn Nine-Nine | Beste TV-fliek of Mini-reeks: Behind the Candelabra

Beste Oorspronklike lied: U2 se lied "Ordinary Love" wat spesiaal geskryf is vir Mandela: Long Walk to Freedom. Dié groep het op hul Facebook-blad geskryf:

"Hierdie toekenning is baie persoonlik vir ons," sê Bono. Dié man (Mandela) het ons lewe verander, op die regte manier. ’n Man wat geweier het om te haat, nie omdat hy nie woede gehad het nie, maar omdat hy gedink het liefde sal beter werk ... Almal weet van die bekende staatsman, maar min weet van die man - daarom moet mense die fliek gaan kyk."

Die Golden Globes word vanaand, 13 Januarie om 20:30 op M-Net, kanaal 101 uitgesaai. Sien die volledige lys van wenners hier.