Die internasionale modehuis Guess het vir die derde keer ’n SA model gekies vir hul internasionale veldtog! Dié model is die 22-jarige Nicole Meyer van Wellington in die Wes-Kaap.

Nie net loop sy in die voetspore van Claudia Schiffer, Amber Heard, Kate Upton, Nicole Smith, Alessandra Ambrosio, Adriana Lima en Paris Hilton nie. Nicole Meyer loop ook in die voetspore van bekende Suid-Afrikaanse modelle Landi Swanepoel, Candice Boucher én Natasha Barnard!

Nicole is in ’n bank in Suid-Afrika deur die modelagentskap Outlaws ontdek. Sedertdien het sy al in Sports Illustrated se swembroek-uitgawe, LiquiFruit se advertensies, die tydskrif GQ en advertensies vir die mode-ontwerper Gavin Rajah en LEGiT verskyn.

En nou is dié skoonheid die nuwe gesig vir Guess se vakansiebykomstighede 2013/2014. "Dit is steeds besig om in te sink. Dit is ’n absolute droom wat waar geword het, want ek is ’n groot Guess-aanhanger", sê Nicole.

Dié bykomstighede-veldtog is reeds in Los Angeles geskiet en Nicole is die derde SA model van die modelagentskap Outlaws wat ’n Guess-veldtog agter haar naam het. Die ander modelle wat ook hiermee kan spog is Candice Boucher en Natasha Barnard.

Kyk hier na Natasha Barnard se Guess-veldtog!

Oor Guess sê Nicole: "Ek is mal oor hoe Guess hul advertensies skiet - dit is sexy en maak dat jy alles wil besit! Ek is mal oor die skoene en die jeans, die snit is altyd perfek!"

FOTO: Natasha Barnard (verskaf) FOTO: Natasha Barnard (verskaf)

FOTO: Natasha Barnard (verskaf) FOTO: Natasha Barnard (verskaf)

Landi Swanepoel (foto's onder) is ook een van die Suid-Afrikaanse modelle wat in Guess-advertensies verskyn het. Dit is haar Brigitte Bardot-voorkoms wat so ikonies is en haar ook bekendheid verwerf het in die TV-advertensies vir Peroni Nastro Azzurro.

Hoe behoort jy jou denims te was? Lees hier!

FOTO: Nicole Meyer vir GUESS (verskaf) FOTO: Nicole Meyer vir GUESS (verskaf)

En wat beplan Nicole vir die toekoms? "Ek wil nog baie rondreis. Ek het ’n hele paar doelwitte vir myself gestel vir dié jaar. Ek hoop vir ’n skoonheidsveldtog eendag."

Met haar groen oë, dik bos hare en gladde vel, glo ons Nicole gaan in die toekoms nog groot sukses behaal...