In Januarie 2010 het hul by ons huis ingebreek en my skootrekenaar met 'n foto van my rok wat ek graag wou laat maak het, gesteel. Ek was raadop want dit was my droomrok. Een aand op TV het ek Vaughn Gardner se musiekvideo van "Gooi jou arms om my" gesien en toe besluit - Dis my Matriekafskeidsrok. Die liedjie het letterlike en figuurlik sy arms om my gegooi en al my "stress" verdoesel. My ma se vriendin het op youtube gegaan om foto's van die rok te gaan soek, want ons kon nêrens die musiekvideo kry nie. Die Modeontwerper se asem was weggeslaan met die foto's van die rok. Die eind produk was asemrowend en my matriekafskeid onvergeetlik.

Sien alle inskrywings