Nou is gesogte skoene van Sergio Rossi, Just Cavalli, Iceberg, Casadei, Frattelli Rosseti, Valentino en G. Ferre as ’t ware op jou hakke! Preview – The Designer Collection.

Preview is 18 jaar gelede deur die Christodoulo-familie begin en is die grootste skoenborg vir die Mej. SA-wedstryd. Dié spoggerige winkels in Sandton City en Sun City bied ’n verskeidenheid van skoene, of jy nou soek na hoogmode-skoene teen bekostigbare pryse, sommer net gemaklike dra-skoene of gesogte internasionale handelsname. Skoene van onder meer Pucci, CNC, D&G, Givenchy en Versace sal later vanjaar hul verskyning in die boetieks maak, wat in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban hul deure gaan oop maak. *Vir meer inligting besoek www.europaartgroup.com