My rok moes perfek gewees het vir my. =) Ek het `n rok gesoek wat klassiek is, nie te blinkerig nie en wat nie van normale matriekafskeidrok materiaal gemaak word nie. Ek woon op `n platteland en wou dus `n eenvoudige rok gehad het wat my uitbeeld en waarin ek gemaklik is. Ek wil die rok weer eendag dra. Ek het op die Internet rondgesoek vir idees, omdat ek nie presies geweet het hoe dit moes lyk nie. Toe ek die rok sien het ek geweet dis vir my. Die kleur is uniek, sag, stylvol en beklemtoon my velkleur. Die blinkertjie/kraletjies aan die bo-kant maak die rok. Die mense sou die meisie in die rok raak sien en nie net die rok nie.

Sien alle inskrywings