Toe ek, my ma en Danielle die dag besluit om na materiaal te gaan kyk, het ek nog nie eens verseker geweet hoe ek wou hê my rok moes lyk nie. Daar op die rak lê toe 'n lap vol goue en brons blinkers (sequins). Vir my het dit heeltemal te bling gelyk (my styl is klassiek en understated) maar toe ons die lap voor my hou het ek net geweet dit is die materiaal vir my rok! En skielik het ek presies geweet wat ek wou hê: 'n baie eenvoudige "slip"-tipe rok wat gevorm is om my lyf. Die bandjies moes laag kruis op die rug en ook vol sequins wees. Daarby het ek 'n handsakkie gedra wat my ma se beste vriendin jare terug in Indië gekoop het en as klein dogtertjie vir my gegee het. Dit was 'n wonderlike aand en ek het soos 'n movie-ster gevoel in my goue rok!

Sien alle inskrywings