Van graad 8, is elke meisie se groot droom jou matriekafskeid. Elke jaar bewonder jy die matriekulante se droomrokke. Soos die jare vorder neem jou rok vorm aan. Met die aanvang van my matriek jaar het ek met 'n kop vol idees en boeke vol prentjies rondgestap. Ek het elk dag 'n nuwe rok geteken. Met ons eerste besoek aan tannie Margaretha het ek al my idees vir haar gewys, laastens haal ek toe baie verleë my bikini top uit en wys dit vir haar. Daai rooi bikini top met sy pragtige snit het met my kop gespeel. Hoe kan 'n bikini top 'n rok word? Tannie Margretha het saam met ons gegaan om die materiaal te koop. Ons het met blou begin, maar net "'n oulap se rooi" kon hierdie mooi rok skep. My hoërskool droom se inspirasie vir 'n pragtige matriekafskeid rok het toe sy oorsprong uit 'n eenvoudige bikini top. Dankie tannie Maragetha, tannie was my "fairy godmother".

Sien alle inskrywings