As klein dogtertjie het ek altyd prentjies uit die Sarie versamel en gedroom oor hoe my matriekafskeidrok ééndag gaan lyk...en nou is als verby. En met blydskap kan ek sê: "Ek het mý droomrok gevind!" My rok het nie eintlik enige "fancy" beskrywings nodig nie, dis gemaklik en mooi afgerond met kant en chiffon. Die ongewone diep bruin"aubergine" kleur weerspieël my individualiteit. Die enigste voorkeur wat ek vir my rok gehad het was: daar moes kant in wees; ek het my kant gekry! Die swart kant met krale detail het die lae rug bedek. Die valnek is vleiend en balanseer die besige rug. Dit was 'n onvergeetlike aand en ek glo oor tien jaar sal ek nogsteeds mal wees oor my rok! Om aan te sluit by die begin...voorwaar "Sarie, my inspirasie!"

Sien alle inskrywings