Met meer as 20 jaar in die bedryf is Dune London bekend vir hul trendy skoene, handsakke en ander bykomstighede. 

Van Dune London se Lente/Somer 2018-skoenreeks kan jy net die beste verwag – die nuutste tendense en uitstekende vakmanskap word gekombineer in modieuse én duursame skeppings.

Dune London is beskikbaar by uitgesoekte boetiekwinkels en Edgars.

Loer hier na die nuutste trends uit Dune London se skoenreeks:

Dune London

1. Luiperdvel

SARIE-moderedakteur Amaria Carstens se keuse: “Ek bly mal oor ’n luiperdvelmotief! Hierdie trend raak nooit oud nie.” Dra jou luiperdvel-skoene by ’n swart uitrusting of waag met ’n geblomde rok.

Amaria Carstens
Amaria Carstens FOTO: Willem Lourens
x
Amaria Carstens se keuse uit die Dune London-reeks

2. Siciliaanse romantiek

Met die rooi rose, vergulde blomme en emaljeblare op swart laat die reeks ons dink aan ’n romantiese someraand.

Siciliaanse romantiek

3. Weefwerk

Geweefde detail op tydlose materiaal soos natuurlike leer is baie trendy.

Weefwerk
Weefwerk

4. Sportief

Modieuse sportdrag is steeds gewild – Dune London gebruik gebreide rekmateriaal en neutrale kleurpalette om hul reeks aanpasbaar en tydloos te maak.

Sportief
Sportief

5. Die lae spykerhak

Die sogenaamde “kitten heel” is steeds ’n topverkoper. Dit is delikaat, elegant en kan by byna enige uitrusting gedra word.

Die lae spykerhak
Die lae spykerhak

6. Blomme en krale

Dune London se vroulike Sugar Flower-reeks kombineer kleurryke kralewerk en blompatrone op ’n neutrale agtergrond. Elke ontwerp is uniek – van hakskoene tot sandale.

Blomme en krale
Blomme en krale

7. Klinknaels

Hierdie seisoen word klein studs oral op skoene gesien. Dit gee klassieke ontwerpe detail en ’n bietjie “edge”.

Klinknaels
Klinknaels

8. Deftige plat skoene

Sandale het vanjaar ’n deftige baadjie aangetrek! Plat skoene het unieke ontwerpe en luukse afwerkings.

Deftige plat skoene
Deftige plat skoene

9. Jonk en prettig 

Die True Love-reeks is vars, uniek en die ideale skoen om bietjie pret na jou kas te bring. Dit kan meer én minder informeel gedra word.

Jonk en prettig
Jonk en prettig

Ontdek nog style en trends in Dune London se reeks deur ’n boetiekwinkel of Edgars naby jou besoek!

Klik hier om Dune London se Facebookblad te besoek.