Opwindend, stylvol, pret en ’n eerste!

By SARIE het ons so pas ons heel eerste modeskool voltooi. Drie dae lank het ons “Klas van Junie 2016” saam met SARIE-moderedakteur, Amaria Carstens, en mode-assistent, Magdel Muller, in ons mooiste Kaapse kantoor in Adderleystraat mode gedroom, gedink en gedoen.

Amaria het 20 gretige en modebewuste lesers, van so ver as Windhoek, Potchefstroom en Pretoria, onder hande geneem en gewys hoe lyk ’n moderedakteur se dag by ’n glanstydskrif. Al die oppe en affe en die lekkertes en uitdagings is met hulle gedeel. Die span het geleer van mood boards en die beplanning van fotosessies, en ook ’n bietjie van die magic in die foto-ateljee eerstehands ervaar. Daar was senuwees en opwinding, maar op die ou end het styl geseëvier!  Hier is ’n paar hoogtepunte.

modeskool

Wat ons modestudente geleer het

1. Dat jy altyd eerste aan jou mark en jou leser moet dink. Dink aan die “gehoor” vir wie jy die foto’s stileer en beplan, want die blaaie van tydskrifte soos SARIE, Vogue en Seventeen sal verskillend lyk omdat elke publikasie ’n unieke lesersmark het.

modeskool ’n Stileertassie vol truuks!

modeskool

2. Hoe en waar om trend-navorsing te doen en hoe om te besluit watter modeneigings vir jóú lesers gaan werk.

modeskool

3. Tydskrifterme. Weet jy byvoorbeeld wat DPS beteken?

13495449_10153712331886699_5518874655136253525_o

4. Stilering: Wat werk en wat werk nie. Ons studente het van Amaria se heel beste wenke en slim truuks geleer: van hoe om ’n goeie modefoto te stileer tot die beplanning van produkblaaie.

modeskool

5. Beplanning van ’n modestorie: Hoe jy besluit waar jou modestorie gefotografeer moet word, hoe jou model moet lyk en watter grimeer- en haarstilis vir jou die voorkoms gaan gee om jou modestorie ’n wenner te maak.

13497744_10153714590451699_7292927977489079504_o

6. Hoe werk produkblaaie: Wat jy alles in ag moet neem as jy hierdie oënskynlik eenvoudige, maar tog ingewikkelde blaaie bymekaar moet sit.

modeskool

modeskool

7. Elke student het die kans gekry om ’n uitrusting vir ’n modestorie te stileer en dit aan ’n model af te neem met die grimering en hare van hul keuse.

modeskool

Hier is elkeen se finale foto. Geniet!

Ons “klas” is goed bederf met kos deur ons kosredakteurs Herman Lensing en Tanya Fourie.

13516240_10153710326571699_2507427474038615090_n

Bootlegger Coffee Company het gesorg vir vars koffie heeldag, terwyl Deneys Swiss Dairy ons dae afgeskop het met heerlike jogurt-produkte, asook melkskommels en koeldranke vir deur die dag. Sweet Temptations Toffees se nougat, soet springmielies en toffies het seker gemaak dat niemand se suikervlakke daal nie!

modeskool

Pesto Princess het ons kosspan gehelp met ’n verskeidenheid produkte vir ons gaste se middagetes. Gepraat van eet en gesellig wees - niks sou kon plaasvind sonder die mooi houttafels en meubels van Scape Events nie.

modeskool

Elkeen van ons gaste is bederf met swart hakskoene van Spree, ’n geskenkbewys van H&M én Superga se legendariese wit tekkies.

modeskool

*As jy belangstel in ons volgende SARIE-modeskool wat in Kaapstad gaan plaasvind, stuur sommer nou e-pos vir Carmen Botma by Carmen.Botma@sarie.com. Ons bevestig binnekort die datum.

modeskool

Gaan na SARIE se Facebook-blad vir nog foto’s!

Lees nou

Kan ’n uitrusting jou die verhoging gee wat jy verdien?

5 style: moets en moenies

Bykomstigheid onder R10 wat bekendes dra