'n Stilis vir die Hollywood sterre is 'n mode konsultant asook beste vriend vir die klient. Maar dan is daar ook die ander rolle wat jy moet speel. 'n Stilis moet smeek, dreig, baklei en doen net wat jy kan om 'n ontwerpers-rok en bykomstighede verniet/ goedkoper aan die hande te kry sodat jou ster-klient (of die film studio) nie daarvoor hoef te betaal nie. En die stilis moet gereeld ook opdok vir die uitrusting... As die film maatskappy nie vir die huur van 'n rok wil betaal nie, beteken dit die aktrise sal definitief ook nie, en dan sal sy 'n stilis vra om haar verniet aan te trek in ruil vir die publisiteit.

Die stilis Philip Bloch erken dat meeste van sy top kliente betaal nooit nie. "Om eerlik te wees, Salma Hayek betaal nie 'n sent nie. Nie in al die jare wat ons twee saam werk nie. Ons was net beste vriende."

Hier is 'n opsomming van Charlize se uitrusting by die 2012 Golden Globes:

Cartier kopband van die jare 20's:
Werd: $2.5 miljoen (So R19 miljoen)
Wie het hiervoor betaal? Niemand, dit was vir haar geleen.
Wie hou dit? Cartier

Grimering:
Werd: $251 (R1948) se produkte en ten minste $1,500 (R11,600)  vir die grimeer kunsternaar (Shane Paish)
Wie betaal hiervoor? Dior

Hare:
Werd: $79 (R613) se produkte en ten minste $400 (R3104)vir die haar stilis (Angileri)
Wie betaal hiervoor? Paramount Pictures

Cartier witgoud oorbellle:
Werd: $76,525 (R594)
Wie het hiervoor betaal? Niemand, dit was vir haar geleen.
Wie hou dit? Cartier

Christian Dior couture rok
Werd: Ongeveer $30,000 (R232,868)
Wie het hiervoor betaal? Niemand, dit was vir haar geleen.
Wie hou dit? Dior

Cartier borsspeld van die jare 50’s
Werd: About $1.5 million (Ongeveer R11 miljoen)
Wie het hiervoor betaal? Niemand, dit was vir haar geleen.
Wie hou dit? Cartier

Cartier platinum en diamant ring
Werd: $3,950,000 (R30,660954736)
Wie het hiervoor betaal? Niemand, dit was vir haar geleen.
Wie hou dit? Cartier

Couture palmhandsak van Dior:
Werd: About $20,000 (R155,245340434)
Wie het hiervoor betaal? Niemand, dit was vir haar geleen.
Wie hou dit? Dior

Givenchy skoene van die Somer 2012 reeks
Werd: $1,150 (R8,926607075)
Wie het hiervoor betaal? Givenchy, dit was heel moontlik ‘n geskenk aan Charlize
Wie hou dit? Charlize

Totale Koste . . . . . . . . . $8,079,905 (Ongeveer R62 miljoen)  
Totale koste vir Charlize . . . . . . . . . . . . . . Niks!