Ek droom al lank oor 'n rok wat anders sal wees,iets wat sal uitstaan omdat dit nie soos die 'çliche' matriekafskeid rok lyk nie.Groen is al lank een van my gunsteling kleure omdat die my fiets se kleur is (ja ek is 'n groot en gretige fietsryer) maar ek het nooit gedink ek sal dit as my matriekafskeid rok se kleur gebruik nie. Ek het hierdie pragtige rok in Glitz en Glam toe gesien en ek was dadelik verlief. Die verskillende kleure en die materiaal was presies wat ek na gesoek het en boonop was dit definitief iets anders.Daar en dan het ek besluit dat dit MY rok is en met mooi praatjies en baie assebliefies het my ouers ingestem om die room rok te koop. Hierdie rok het my drome van toe ek nog jonk was verwenslik,dit was die perfekte rok vir die perfekste aand van my lewe.*

Sien alle inskrywings