Die inspirasie vir my rok was om nie een spesifieke kleur te gebruik nie maar dat die rok verskillende kleure reflekteer. Ek wou graag 'n rok he wat my beklemtoon en maak dat ek anders is en uitstaan tussen die ander matrieks van my skool. Ek wou nie die normale elke dag rok dra nie. Ek en my ouma het saam besluit om verskillende patrone bymekaar te sit om die rok spesiaal te maak.

Sien alle inskrywings