In dié video wat blykbaar in 1939 geskiet is, word mode-ontwerpers gevra om klere te ontwerp wat hulle glo mense in 2000 sou dra. Kyk hier of hulle reg was!

Wetenskapfiksie-rolprente is soms ’n goeie aanduiding in watter rigting die tegnologie beweeg. Aan die begin van Star Trek was mense glo gefassineer deur die deure wat outomaties oopmaak wanneer die karakters nader kom, berig So Bad So Good. Nou is outomatiese deure deel van ons alledaagse lewe.

Maar toe daar in 1939 vir mode-ontwerpers gevra is wat die mense in die jaar 2000 gaan dra, het hulle met baie kreatiewe oplossings vorendag gekom.

Een van die voorspellings was dat mans ’n telefoon en radio aan hulle sal dra - en met die meeste mense wat deesdae slimfone het, is dit juis die geval.

Kyk die video na die ander voorspellings wat hulle gemaak het:

Bron: So Bad So Good

Hoe ons wel op Oujaarsaand in 1999 gelyk het:

Uit SARIE, 15 Desember 1999
MODE 1999

MODE 1999

WAT DINK JY? WAT GAAN ONS IN 2070 DRA? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!