Ek het nog altyd gedroom van die perfekte matriekafskeidrok. Die inspirasie vir my rok kom van 'n verskeidenheid idees uit tydskrifte en ook uit Sarie se bruidsgids uit. Die rok beeld ook my persoonlikheid uit - dis vars, helder, kunstig en uniek! Ek het van die begin af besluit op die blou/turkois kleur omdat dit my oë komplimenteer. Ek wou ook 'n meer "arty" rok hê wat bietjie anders as die normale is - vandaar die eenskouer idee, die blomme en die asimmetriese rug. Saam met my ontwerper, Antoinette Martens, het ons al die idees saamgesit om uiteindelik by die finale produk uit te kom. Dit was verseker my perfekte matriekafskeidrok!!

Sien alle inskrywings