Die oorsese modemark kan nie genoeg van Suid-Afrika kry nie - en ons ook nie van hulle nie! Internasionale modes is nou op ons voorstoep ... Lees hier oor al die modehuise wat onlangs hul deure in Suid-Afrika oopgemaak het ...

Björn Borg

Ja, dié tennisspeler uit die laat-sewentigerjare het sy eie klerereeks!

Björn Borg op die voorblad van Sports Illustrated in 1979 Björn Borg op die voorblad van Sports Illustrated in 1979

Net soos sy spel op die baan (hy word nie verniet die rock star of tennis genoem nie!), is sy klerereeks iets besonders. Die reeks, wat ook sy naam dra, verkoop onderklere, kouse, swembroeke en gemaksdrag. Maar dit is sy gemaklike en stylvolle onderklere- en kous-reekse wat nou in Suid-Afrikaanse winkels te koop is. En ons hoor sy swembroek-reeks volg binnekort ...

Ekstra inligting oor Björn: In sy kort professionele tennisloopbaan (1974 - 1981) het hy 11 Grand Slam-titels losgeslaan.

Janez Vermeiren by die Björn Borg- bekendstelling. FOTO: Luzanne van der Watt     Björn Borg is te koop by die volgende Stuttafords-winkels: Sandton en Eastgate in Johannesburg, Gateway in Durban, en Canal Walk en Cavendish Square in Kaapstad. Dit is by laasgenoemde Stuttafords-tak waar dié reeks deur die Top Billing-aanbieder Janez Vermeiren (links) bekend gestel is.     Top Billing-aanbieder Bonang Matheba se eie onderklere-reeks - LEES HIER!

David Beckham

Becks se onderklerereeks is nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar dit word verkoop by die oorsese klerehandelaar H&M wat 2015 in Suid-Afrika oopmaak. Dis dié reeks se advertensies van Becks in sy onderklere wat vroue wêreldwyd na YouTube lok om dit weer en weer te kyk. Sy mees onlangse advertensie, wat tydens die Amerikaanse Super Bowl uitgesaai is, was boonop interaktief! Amerikaanse kykers met ’n Samsung Smart-televisie kon die klere in die advertensie koop terwyl die advertensie gespeel het. Alhoewel hierdie opsie net vir sekere kykers beskore was, word dié advertensie as revolusionêr beskou en ons kan meer sulke interaktiewe advertensies te wagte wees. Kyk na dié advertensie hier.

Lees hier oor al die modehuise wat onlangs hul deure in Suid-Afrika oopgemaak het ...