ek het nog altyd gedroom van hierdie spesiale dag wat in my lewe sal kom - die dag wat ek soos 'n prinses gaan voel - MY MATRIEKAFSKEID!!! Dis 'n dag wat ek wil uit staan en ek het!!! ek het so jaar terug deur 'n boek geblaai vol rokke net vir die interessantheid en die volgende oomblik word my oog gevang deur hierdie een spesifieke rok - ekt geweet van die oomblik wat ek hom gesien het DIE IS MY MATRIEKAFSKEIDROK!!!! ek het van daardie dag nie na 'n ander rok gekyk of in belanggestel nie my hart was vas op hierdie spesiefieke rok!! ekt geweet geen ander meisie sal so tipe rok he nie ek gaan beslis uitstaan.... my ontwerper Mina het seker gemaak die rok lyk identies soos die prentjie sin en dit het!!! ek het daardie aand met trots rond geloop want geen ander het 'n rok soos ek nie, ek het uitgestaan en innerdaad soos 'n prinses gevoel!!!

Sien alle inskrywings