Die "fish tail" effek was ge-inspireer deur 'n rok wat Kim Kardashian tydens 'n toekenningsaand gedra het. Die vorm van die rok het haar liggaam se kurwes mooi vertoon en ek wou dieselfde effek he. Die rok het ek self geteken en aangepas om by my figuur te pas. Die rok het ek tot 'n eenheid gebring deur 'n swart strik op die rug agter te sit wat by die swart kant onder by die rok aansluit en die gediamante kruis sluit aan by die gediamante rank effek op die voorkant van die rok. Die swart strik,diamante en rooi swart kleur van die rok lyk elegant en pas by die tema van die aand, die Oscars. Die rok is presies vir my lyf ge-ontwerp en het my perfek gepas.

Sien alle inskrywings