Ek het aan die begin gesukkel om 'n snit te kry maar het my kleure geweet en toe ek een dag net op die internet rond krap toe sien ek hierdie unieke snit. Ek was by 2 verskillende ontwerpers en het op die ou end vir Gerrit Pienaar gekies. ek het vir hom presies vertel hoe ek graag die rok wil he en ook hoekom ek so kleurvolle rok wil he, ek het die kleure van die reenboog gekies omdat ek graag my persoonlikheid wou uitbeeld en die groot strik op my skouer was omdat ek altyd strikkies dra in my hare. Toe ek die rok gekry het, het ek gevoel of ek in die Hemel staan, daardie rok het my perfek gepas en my droom het waar geword. ek wou op my matriek afskeid soos 'n prinses gelyk het en ek het soos een gevoel! My rok was baie uniek en ek het spesiaal gevoel

Sien alle inskrywings