Terwyl my ma besig was om materiaal te koop, het ek myself besig gehou en deur bruidboeke gekyk. Ek het afgekom op my rok en van die begin af was ek mal oor dit. Ek het dit verander sodat dit my sterkerpunte beklemtoon en my swakpunte wegsteek. Daarna het my onderwyserres wat in graad 8 vir my tegnologie gegee het, my rok gemaak. Die eintlike moeilike dinge was om te besluit op 'n kleur. Ek het hierdie blou gekies omdat dit vreugdevol is, mooi lyk en my metgesel se gunstelling kleur is. Na baie moeite en stres dat dit gaan vreemd lyk, het ek uiteidelik my rok gekry. Vir 'n mooier rok, lekker aand en ouliker metgesel kon ek definitief nie gevra het nie, want alles was klaar perfek!

Sien alle inskrywings