Waar om te begin...my idee was nog altyd. 'n bal rok...Ek wou eers my niggie gevra het om my rok te ontwerp omdat ek nie regtig 'n idee gehad hoe hy moes lyk nie. Maar toe moes ons na die kostes en goed ook gekyk het. Ons toe na die tannie toe wat saam my ma gewerk het en sy het my 'n paar idees gegee. Ons sou eers swart gegaan het (weet nie hoekom) maar ek't toe 'n vakansie gehad in durban en ek en my ma het in die fabriek winkels in gevaar.. en tot my verbasing het ek op die mooiste kant materiaal af gekom! (Dit was net Liewe Jesus wat dit daar gesit ht vir my) Toe ek die bo kant se materiaal gekry het toe kon ek begin rond speel met materiaal... en dis hoe ek op my rok af gekom het. Die bokant is die kant met 'n rooierige kleur onder dit Die onderkant is pers, pienk, bruin, rooi ens. dis in drie hoeke gesny om meer 'bodi' te gee :D Ek't soos 'n prinsess gevoel!

Sien alle inskrywings