Ek wou aanvanklik 'n rok laat maak het, en het glad nie hierdie styl of kleur ingedagte gehad nie. Ek het gaan rond kyk in winkels om idees te kry. Ek was by 'n paar plekke, maar kon nie rêrig iets kry waarvan ek gehou het nie. By House of Superior Clothing het ek 'n paar rokke gesien, maar die rok het glad nie my aandag getrek nie en ek wou dit glad nie aanpas nie. Die verkoopsdame in die winkel het die rok vir my aanpaskamer toe gebring en aangedring dat ek dit net moet aanpas. WOW! toe wil ek nie weer die rok uittrek nie, en toe het ek geweet dit is presies wat ek wou hê!!! Die eenvoud, maar tog stylvol en elegansie van die rok weerspieël definitief wie ek is.

Sien alle inskrywings