Die inspirasie het my getakel die dag toe ek my oom, wat ou motor opbou, se prag van 'n motor gesien het. Dis 'n turquoise en wit Chevrolet (1957) en net daar en dan besluit ek dat ek my oom se arm moet draai want dis die motor waarin ek wil opdaag by die matriek-afskeid. Met een ding minder om ons oor te kwel is ek, my mamma en my tannie toe materiaal winkels toe opsoek na turquoise satyn. Daar gekom kry ons die mooiste kantmateriaal en van daaraf het alles net in plek geval. Ek het 'n rowwe skets vir my tannie geteken en van 'n eenvoudige skets af het sy en my mamma die mooiste rok op getower. Dit was die mees agterstevoorste manier hoe mens 'n matriekafskeid kon reël, maar vir my was elke oomblik onvergeetlik.

Sien alle inskrywings