Feëtjies en prinsesse voel seker altyd so. Skooldogtertjies in onvleiende skooluniforms kry net een kans om hul EIE sprokie te leef. My pampoen het op 18 September 2010 in 'n koets verander toe Jose de Canha sy towerstaf geswaai het en my kleindogtertjie-drome in sagte grys valle en sierlike kristalle om my lyf kom vou het. Jare se Sarie-inspirasie en die ontwikkleing van my eie sin vir mode het my soos 'n prinses aan die sy van my eie sjarmante prins, Armandt Botha, oor die rooi tapyt laat sweef. Ek weet ek was bevoorreg om my droomrok te kon dra, en daarom bid ek dat elke klein meisietjie ten minste een keer in 'n leeftyd Aspoestertjie kan speel...

Sien alle inskrywings