Kwaliteit bo kwantiteit ... As stilis en SARIE se mode skrywer glo ek vas aan hierdie sê-ding. En met hierdie onvoorspelbare 2020 en die pandemie het ek opnuut daarin begin glo. Die meeste van ons is op ’n manier finansieël geraak deur Covid-19 - ons moet sny en slim met ons geld werk. En die reël geld ook by die koop van klere. Hoe lui daai sê-ding? Goedkoop koop is duurkoop. Ek koop eerder een ding wat kwaliteit is as drie goedkoper items. Die meeste mense dink ek het baie klere, maar sowaar flous ek hulle. My geheim? Slim stilering en slim modebeleggings!

Een van die beste “beleggings” wat jy in die wêreld van mode kan maak is die trench-jas. Nie net is dit ’n klassieke item nie, dit is ook handig vir die hele jaar! Dit is ‘n klassieke item, dit is handig reg deur die jaar en as jy dit reg stilleer kan jy ook mense “flous” met die hoeveelheid klere wat jy besit.

Wat moet jy weet? Magdel se modewenk:

Moenie jou trench-jas self was nie, laat dit droogskoonmaak - dit geld eintlik vir álle jasse. Die item sal langer hou, dis immers ’n belegging vir jou klerekas. Kyk ook na die materiaal waarvan die item gemaak word, lees op daaroor. Maar indien jy self die jas wil was, wat ek nie sal aanraai nie, lees noukeurig die instruksies as dit by was kom.

Magdel se idees vir drie uitrustings

Uitrusting 1: Uitstappie na die winkelsentrum

Sjiek en in die modekol. Dis gemaklik en modieus.

Koop die uitrusting:

Trench-jas, Zara

Breistof-broek, Zara

T-Hemp, Mango

Trui, Trenery

Rugsak, Zara

Tekkies, Calvin Klein by Europa Art

Uitrusting 2: Koffie-afspraak saam met jou vriendin of geliefde

Prettig en stylvol. Perfek vir daai behoorlike opvangsessie!

Koop die uitrusting:

Bloes, Mango

Jean, Mango

Hakskoen, Zara

Belt, Missibaba

Pêrelring, Swarovski

Kunsstene ring, Lovisa

Haarband, Poetry

Krokodilvelmotief handsak, Mango

Klein vuilwit handsak, Colette by Colette Hayman by Foschini

Uitrusting 3: Spesiale afspraak

Sexy en in-die-kol om die aand rooi te verf.

Koop die uitrusting:

Blinkertop, Mango

Leer langbroek, Zara

Stewels, Europa Art

Palmsak, Kat Van Duinen

Oorbelle, Swarovski

Magdel se ekstra wenk

Stoot jou trench-jas se moue op in stede daarvan om die moue af te rol. Hoekom? Jou uitrusting kry daai moderne gevoel en voorkoms.

ONTHOU: Klassieke items sal altyd "in die mode" wees, moenie bang wees om dalk bietjie meer te betaal vir jou staatmaker trench-jas nie.