My inspirasie vir die kleur van my rok het gekom nadat ek 'n film gekyk het op tv. Ek het daar en dan besluit dat dit my kleur gaan wees vir my matriekafskeidrok. My ma het meer as 30 prente gebring met verskillend rok style om van te kies. Die besluit was baie moeilik, maar die rok wat ek gekies het, het my oog gevang omdat die style nousluitend om my onderlyf was en dan baie sag na onder val. Dit was vir my baie vroulik en sag. Ek het soos 'n prinses gevoel die dag toe ek my matriekafskeidrok vir die eerste keer aangepas het.

Sien alle inskrywings