Ek is nie 'n maklike mens om mee te gaan "shop" nie... ek stap by 'n winkel in, warrel rond soos 'n lente briesie en loop dadelik uit as ek nie iets sien wat my oog vang nie. My ma weet dit gaan 'n moeilike taak wees, sy kry nagmerries en hiperventileer. My pa los die saterdag-rugby en vergesel my en my ma na Divas by Design - vir morele ondersteuning. Aangekom by die ekslusiewe boutique, staan almal terug. Ek warrel deur die rakke en kry, tot almal se verbasing, 6 rokke. Hulle sê jy weet as jy die rok het, dit voel net reg. Ek voel egter niks, ja, die rokke is, maar alledaags en dit het nie daai "je ne sais quoi" waarvan Paula op 7de Laan praat nie. Ek warrel vir 'n laaste keer deur die rakke toe ek dit sien... Die res is geskiedenis. Yves Saint Laurent het gesê: “Fashions fade, style is eternal.” My rok is tydloos, klassiek en ek wil glo dat dit iets is wat Grace Kelly, Audrey Hepburn, Coco Chanel en Kate Middleton almal op trots sou wees. Op die laaste aand van September voel ek soos 'n "Old Hollywood" aktrise.

Sien alle inskrywings